Waar het dit alles begin?


Die idee van ‘n webtuiste oor die mishandeling van oumense in Suid Afrika het begin toe ek al hoe meer te hore gekom het, veral in die media, oor hoe oumense mishandel en aangerand word en daar niks aan die situasie gedoen word nie.

Wat my egter gemotiveer het om ‘n veldtog teen die hierdie mishandelings te begin, is als te danke aan 'n Sentrum vir Bejaardes in die Vrystaat. Hier is wat gebeur het:

Op 10 April 2014 het Petro Beukman na bewering gesien hoe ‘n stafverpleegster by die sentrum op ‘n beroerte inwoner vloek en skreeu en hom fisies aanrand. Ek en Beukman het besluit om nie die aanranding dadelik aan te meld by die bestuur nie omrede ons nie onnodig wou moeilikheid veroorsaak nie. Einde Oktober 2014 het Beukman egter na bewering weer waargeneem hoe dieselfde stafverpleegster dieselfde inwoner verskreeu en op vloek. Ons het toe besluit om die saak by die bestuur aan te meld wat dan ook skriftelik op 18 November 2014 gedoen is.

Daar is skynbaar niks aan die saak gedoen nie en die sentrum het nie eers die ordentlikheid gehad om net ontvangs te erken van die klagte nie. Ek het toe dieselfde klagte na die operateur gestuur en toe hulle ook nie reageer nie, het ek die klagte na die betrokke kerk se sinode gestuur. Ek kan net noem dat hierdie suntrum deel is van ‘n sub-program van die NG Kerk.

Daar is op 3 Desember 2014 ‘n  totaal belaglike en afgewaterde ondersoekie gedoen deur die operateur na die beweerde aanranding. Daar is nie eers gepoog om die ooggetuie te ondervra nie dit terwyl Beukman heeltemal bereid was om te getuig.

Maar wat was die operateur en veral die sentrum se verpligting ten opsigte van hierdie beweerde aanranding? Daar is 3 dinge wat moes gebeur: 1. Voorkomend, 2. Reaktief tot die saak en 3. Reaktief in terme van die Wet op Oumense. Maar wat het Engo hieromtrent gedoen?

1. VOORKOMEND: Petro Beukman het reeds op 14 April 2014 die bestuur van die skriftelik in kennis gestel dat daar probleme ondervind word met die stafverpleegster. Geen ag is geslaan op haar skrywe nie en is sy nooit gevra wat die probleem is nie. Daar is dus nie voorkomend opgetree nie.

2. REAKTIEF TOT DIE SAAK: Soos reeds genoem was daar net ‘n afgewaterde ondersoek gedoen waar die ooggetuie, Beukman, nie eens ondervra was nie.

3. REAKTIEF IN TERME VAN DIE WET: Die operateur en die sentrum was verplig om sonder versuim die aanranding by die SAPD aan te meld vir ondersoek. Om die saak aan te meld was dit nie nodig vir Onze Rust om te bewys die aanranding plaasgevind het nie, daar moes net ‘n vermoede bestaan dat die aanranding  plaasgevind het en ek het daardie vermoede geskep met my brief aan die bestuur op 18 November 2014.

Daar is dus heeltemal buite die raamwerk van die wet opgetree met hierdie saak.

Die operateur en die sentrum het toe nog verder gegaan en ‘n totaal onskuldige personeellid  beskuldig dat sy uitgepraat het oor die aanranding. Die personeellid wat ONSKULDIG was is aangekla en wat my betref op die mees OBSKURE en ONBEKWAME wyse afgedank. Hier kan volledig gelees word oor die belaglike afdanking:


In my opinie was hierdie hele aangeleentheid sekerlik die swakste hanteer van alle sake waarby ek in my hele lewe nog ooit by betrokke was!

Indien hierdie saak korrek hanteer was sou niemand ooit geweet het daar was 'n beweerde misdaad nie en sou die stof binne enkele dae gaan lê het oor die aangeleentheid.

Duidelik is en was daar geen benul hoe om skade te beperk nie. Om 'n personeellid onskuldig af te dank en om mense met die hof te dreig is beslis nie 'n goeie wyse om skade te beperk nie. Inteendeel was hierdie aksies die spreukwoordelike vet in die vuur.