Welsyn in krisis
Deur 05 November 2015 00:03
Marieta Kemp, voorsitter van die nasionale koalisie vir
maatskaplike dienste.
Lewensbelangrike dienste aan derduisende kinders, bejaardes en ander
weerloses landwyd kan
in duie stort omdat die staat geen geld meer vir hulle het nie.Die voortbestaan van duisende nie-winsgewende welsynsorganisasies (NWO’s) oor die hele Suid-Afrika heen hang aan ’n draadjie.
Die jongste slagoffer is die Armstrong Berning-traumasentrum in Pretoria wat Woensdag ingelig is dat hy ná 110 jaar se diens aan swanger en getraumatiseerde tienermeisies sy deure einde vandeesmaand weens ’n geldtekort moet sluit.
Dié sentrum word bedryf teen ’n verlies van R50 000 per maand en huisves tans ses tieners waarvan sommige besig is met hul matriek-eindeksamen.
Dié kinders se toekoms is onbekend omdat dieselfde lot as die Armstrong Berning-sentrum ander sentrums in die gesig staar.
Die geldkrisis het ook veroorsaak dat maatskaplike werkers uit veral kinderbeskermingsdienste onttrek, wat daartoe lei dat baie gebiede in Suid-Afrika geen maatskaplike dienste ontvang nie. Verder kon baie NWO’s, wat die armste kinders, bejaardes en weerloses, sowel as huisgesinne en gemeenskappe bedien, tot dusver vanjaar ook geen dienste lewer nie omdat hulle nog nie hul jaarlikse subsidie van die departement van maatskaplike ontwikkeling ontvang het nie.
Marieta Kemp, voorsitter van die nasionale koalisie vir maatskaplike dienste (Nacoss), het Woensdag gesê die situasie is “benard”.
“Ons weet van kinderhuise wat nie kos vir die kinders kan bekostig nie.
“Dit is ontstellend as jy kyk dat die departement van maatskaplike ontwikkeling wel konferensies in peperduur hotelle kan bekostig.”
’n Inwoner van die Armstrong Berning-traumasentrum sit met
haar boeke. Foto’s: Lisa Hnatowicz
Nacoss verteenwoordig 19 nasionale organisasies wat saam derduisende
plaaslike welsynsorganisasies landwyd verteenwoordig. Hierdie netwerk lewer
sowat 70% van alle welsynsdienste in Suid-Afrika.Kemp sê NWO’s is baie kostedoeltreffend, maar word nie voldoende ondersteun nie.
“Ons is bekommerd dat, as gevolg van druk op die staatskas, NWO’s gesien word as ’n sagte teiken en dat geld nóg minder gaan word met drastiese gevolge vir weerloses.”
Volgens haar is daar ’n vennootskap tussen die regering en NWO’s, maar moet eersgenoemde sy verantwoordelikhede nakom.
“Sowat 50% of minder van NWO’s se uitgawes word tans deur die staat betaal. Die res moet ons self invorder en ons kan nie maand tot maand byhou nie.”
Kemp sê die armstes, ongeag ras, word die ergste geraak.
“Die hele welsynsbedeling in Suid-Afrika het skeefgeloop. Dit wil voorkom of die staat alles wil sentraliseer en beheer.
“Hulle moet eerlik wees oor die pad waarheen hulle op pad is en ons nie as die vyand sien nie.
“Ons kan nie insien dat welsynsdienste in Suid-Afrika sonder NWO’s kan voortbestaan nie omdat daar tans ’n tekort van 45 000 maatskaplike werkers is.”
Adele de Meillon het gesê hul welsynskantoor in Soshanguve
staar ook sluiting in die gesig. Foto: Lisa Hnatowicz
Adele de Meillon, ’n senior maatskaplike werker van die Suid-Afrikaanse
Vrouefederasie (SAVF) wat ’n welsynskantoor vir sowat 4 000 kinders en
weerloses in Soshanguve buite Pretoria bedryf, sê hulle moes ook weens ’n
geldnood die afgelope ses maande twee personeellede afdank.“Ons hele kantoor se voortbestaan word bedreig.”
Dié kantoor bied ’n geïntegreerde maatskaplike diens gratis aan inwoners soos ’n kinderbeskermingsprogram en projekte teen MIV/vigs, alkoholmisbruik, mishandeling en geweld.
Verder bedryf die kantoor ook ’n voedings- en huiswerkprojek vir skoolkinders.
“Dit is baie sleg dat ons nie almal wat ons wil, kan help nie.”
Lumka Oliphant, woordvoerder van die departement, het teen druktyd Woensdagaand nie op navrae om kommentaar gereageer nie.
Karma is ‘n bliksem! Die welsynsorganisasies, veral die wat deel is
van kerkorganisasies, kry nou maar net
wat hulle toekom. Dit is jammer as die kinders en oumense daaronder moet ly. Dit
is net jou westerse witmense wat hulle mense in ouetehuise plaas. In Suid
Afrika is minstens 98% van alle inwoners van alle ouetehuise wit. Dit is teen
die tradisies van jou swartmense en ander kleuriges om hulle ouers in
ouetehuise te plaas. Wat is verkeerd met die witmense? Is jou witmens te sleg
om na sy eie oumense om te sien?!
Oumense moet baie mooi dink voordat hulle na ‘n ouetehuis gaan. Onthou
julle huis, meubels, diere en julle privaatheid word prysgegee. Wat gaan gebeur
indien ‘n ouetehuis sy deure sluit? Waar gaan julle dan heen? Ek het geen
twyfel dat binne die volgende paar maande gaan ‘n hele paar ouetehuise se deure
sluit agv die staatsubsidies.