Ja
daar is baie navrae oor hierdie eboek. Ek vermoed van die navrae kom dalk vanaf
ouetehuise wat bekommerd is oor wat gesê gaan word.
Dit
sal jammer wees indien ouetehuise wat absoluut niks verkeerd doen ook benadeel
word deur hierdie eboek. Dit is nie die bedoeling nie maar eerder om die
publiek ‘n realistiese prentjie te skets van wat moontlik met hulle familie en
vriende kan
gebeur. Dit is absoluut in belang van die publiek dat sekere inligting bekend
gemaak word.
Daar gaan nie net negatiewe dinge gesê word nie. Die hele idee is om die publiek in te lig sodat hulle self 'n besluit kan neem wat die beste vir hulle ouers sal wees. Daar word dus ook gekyk na die voor en nadele van byvoorbeeld tuisversorging en hoe dit kostegewys vergelyk met inwoning in 'n sorgsentrum.

Die
eboek sal eers vrygestel word nadat die CCMA saak waarin Onze Rust betrokke is,
afgehandel is.
Dit is nie net Onze Rust wat bespreek gaan word nie, maar ook verskeie ander sorgsentrums. Met verloop van tyd word verwag dat al hoe meer ouetehuise
betrek gaan word by die eboek.
Ek
administreer tans meer as 140 eboeke. Hierdie eboek geniet egter nou prioriteit
en gaan seker die eboek wees wat die mees intens en aggresief bemark gaan word.
Die aanvanklike teiken groepe gaan alle ouetehuise, private
welsynsorganisasies, kerke, kerkgenootskappe en universiteite insluit.
Kortliks
kan die
volgende verwag word:
1.
Drie gewese personeelledes het ingestem om hulle wedervaringe te deel. Een van
die personeellede het vir meer as twee jaar ‘n dagboek gehou van wat alles
daagliks plaasgevind het, dit is nogal ‘n riller om te lees.
2.
‘n Gewese inwoner het ook haar verhaal vertel van wat sy in ‘n ouetehuis ervaar
het.
3.
Beëdigde verklarings van verskeie persone sal geplaas word.
4.
Blatante leuens sal bespreek word.
5.
Dit sal in detail bespreek word hoe ‘n personeellid as ‘n scapegoat gebruik is.
6. Die absolute onbekwaamheid en agteraf onbeskofdheid van die NG Kerk kom ook sterk onder die loep.
7. Daar word ook gekyk na die verkwisting van staatsgelde in ouetehuise.
8. Gemeenskapsdienste deur ouetehuise gelewer word ook in detail behandel.
9. Swak en lagwekkende ondersoeke en verhore sal die kundiges nogal amusant vind.
10. Die totale verval van die dorp Steynsrus word ook bespreek.