CCMA update 8 Junie 2015

Op 18 Mei 2015 het die Arbitrasieverhoor begin. Die verhoor is nie afgehandel nie en daar word nou gewag vir die volgende verhoordatum.

Hierdie saak is nog lank nie afgehandel nie. Sonder enige twyfel is die werknemer onskuldig afgedank. Daar is net een toekenning wat aanvaar sal word en dit is dat die werknemer teruggaan na haar werk, terugwerkend vanaf die dag wat sy ontslaan is. Vir enige ander toekenning sal die saak waarskynlik op hersiening geneem word na die Arbeidshof danksy die Pro Bono prokureurs in Johannesburg.

‘n Sivielesaak word ook sterk oorweeg oor die teistering wat die werknemer moes vir meer as ‘n jaar lank verduur het en ook aangerand was.

Dit kan wees dat ons almal vir ‘n lang tyd lank in Johannesburg gaan wees met al die sake.

Ek kan net wonder hoeveel staatsgelde wil hierdie mense nog verkwis op hierdie en soortgelyke sake. Duidelik is daar geen begrip van risikobestuur nie.

Die lesers sal op hoogte gehou word.




Update 17 Junie

Wanneer daar bewyse is in ‘n saak neem dit minder as ‘n uur om jou saak te stel en getuies te roep. Duidelik het die werkgewer hier geen bewyse nie en is hulle waarskynlik besig om ‘n klomp snert op te diep en is hulle besig om almal se tyd en geld te mors. Dit het op 18 Mei ‘n hele dag geneem vir die werkgewer om te getuig en is waarskynlik nog nie klaar daarmee nie. Dit oor ‘n eenvoudige ou sakie. Ek wonder of hierdie mense ooit weet wat aangaan?