Mishandeling
en Aanrandings in Sorgsentrums
Geen
inwoner van ‘n sorgsentrum kan gewaarborg word
en geen sorgsentrum kan
waarborg dat ‘n inwoner nooit op die een of ander stadium mishandel of selfs
fisies aangerand sal word nie. Sorgsentrums maak absoluut daarop staat dat
personeel oor die nodige opleiding en integriteit beskik om nie hierdie
verfoeilike dade te pleeg nie.
Aanranding
van kinders en oumense word in ‘n baie ernstige lig beskou en dit word spesiaal
genoem in die Grondwet. Wanneer daar wel ‘n voorval van mishandeling plaasvind,
is daar nou ‘n klad op daardie sorgsentrum se naam? Nie noodwendig nie.
Inteendeel daardie potensiële klad kan
omskep word in vertroue en integriteit. Alles hang af van die optrede van
daardie sorgsentrum. Hoe het die sorgsentrum die voorval hanteer? Het die
sorgsentrum sonder versuim opgetree en stappe geneem om te verhoed dat dit weer
in die toekoms sal gebeur. Die sorgsentrum kan dus deur hulle optrede tot gevolg hê dat
‘n verfoeilike daad omskep word in ‘n suksesverhaal!
Kom
ons kyk gerus na hierdie voorbeelde van suksesverhale:
1.
In Huis Elsjè in Mosselbaai het daar ‘n mishandeling van ‘n Altzheimer inwoner
plaasgevind. Die bestuurder het summier opgetree en die oortreder is ontslaan.
Die bestuurder en die sambreel organisasie ACVV kan net geloof word hulle optrede en skep
daardeur vertroue by die publiek. Ek was persoonlik in verbinding met die ACVV
en kan getuig
van hulle vriendelikheid en behulpsaamheid.
2.
In ‘n ander geval waar ook ‘n Altzheimer lyer aangerand is in die Silwer Akker
Tehuis vir Bejaardes in Heidelberg is die voorval ook dadelik hanteer en die
oortreders is voor die hof gebring.
In
sy uitspraak het die landros ‘n baie positiewe aanmerking gemaak en ek haal
aan:
“Tehuise
is dikwels huiwerig om sulke sake aan te meld omdat dit hulle in ’n negatiewe
lig kan stel.
Die teenoorgestelde gebeur egter waar die fluitjie geblaas word omdat mense dan
kan sien dat
daar na inwoners omgesien word en as iets verkeerd loop, dit reggestel word.”
Negatiewe
elemente:
In
kontras met hierdie suksesverhale is daar natuurlik ook die sorgsentrums wat
hulle eie negatiewe beeld konstrukteer. Klagtes van mishandelings en aanrandings selfs waar daar ooggetuies is, word nie behoorlik ondersoek nie.
Die afleiding wat gemaak word is dat hierdie sorgsentrums ‘n lae of dalk geen prioriteit koppel
aan die aanranding van ‘n inwoner nie. In teendeel word die beeld geskep
dat inwoners mag aangerand word, die publiek moet net nie bewus gemaak word
daarvan nie!