Bladsy 2

Wat kan ons doen wanneer ons bewus word ‘n oumens wat mishandel word, hetsy in ‘n sorgsentrum of by die huis deur familie?


1. Rapporteer die geval by die naaste tak van die Departement van Sosiale Ontwikkeling (welsyn). OF

2. Rapporteer die aangeleentheid by die naaste SAPD kantoor. OF

3. Daar is organisasies soos South African Older Persons Forum (SAOPF) wie werklik goeie werk doen en omgee vir die oumense. Hulle werk ook nou saam met die welsyn. Kontak hulle gerus.

http://www.saopf.org.za/


Laat ons saam staan teen hierdie euwel in ons gemeenskap en laat ons die stem wees vir ons oumense. Een van die dae is ons die oumense en dan sal ons te dankbaar wees indien daar iemand is wat vir ons sal opkom.


Ons doen nie ondersoeke na gevalle van mishandelings nie, maar indien u bewus is van enige aanrandings op oumense, is u welkom om die geval aan te meld op die "Kontak Ons" vorm.

Ons sal ook graag wil hoor van suksesverhale.